Gallery Video
RIVERSDAL NUUS EN VIDEO - Vanjaar se Riversdal-skoou het iets vir ’n ieder en elk gebied.
Of jy nou lief is vir perde, beeste, skape, bokke, honde, hoenders of babas, jy kon jouself ure lank vermaak met al die kompetisies.
Die Jeugskou was die grootste nog met 161 inskrywings, 22 van hulle in die kulinêre kuns-kompetisie.
Fotogalery: Riversdal-skou 2020
Weens die bek-en-klouseerverbod op skoue en veilings was daar ampertjies geen vee nie, maar toe die verbod op die nippertjie opgehef is, is vee vir die jeugskou en die Suid-Kaap Merino-streekskampioenskap georganiseer.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'