Desember/December 2017
NWKV Nuusbrief 57 / NWGA Newsletter 57

Inform us about events in your area or if you want to receive the newsletter. Contact Karen Grobler at
082 774 7008 or send an email to karen@agriconnect.co.za or Bonita Francis nwga@nwga.co.za or
call 041 365 5030.


Remember to visit our Facebook page.
The link is https://www.facebook.com/pages/NWGA/679678912058277
Facebook
 
MERRY CHRISTMAS!
 
May the miracle of Christmas fill your heart with Love and Joy… 

 
GROOTPLAAS GESELS OOR SKEER IN DIE WOLBEDRYF
 
Skeerderopleidingsbestuurder Izak Klopper het verlede maand met GROOTfm se Grootplaas-program gesels oor hoekom skaapskeer so ’n kritieke aspek van die bedryf is, en hoe die opleiding van skeerders gefasiliteer kan word sodat die gehalte van wol tydens skeer behoue bly. Kyk gerus:
https://www.youtube.com/watch?time_continue=5&v=pPniEQhvWxY
 
NWGA PRIZE AWARDED TO VETERINARY STUDENT

The Faculty of Veterinary Science of the University of Pretoria awards an annual prize to one of their students who excelled in the small-stock category.

The worthy recipient of the NWGA award for 2017 is Dr Kelly Bronwyn Yui.

She met all the set criteria, including sustained, acceptable academic performance in the small-stock course, a high standard of practical application of knowledge relating to small stock, a special interest in small stock, and participation in a small-stock elective.

Yui comes from a sheep farming background and most academics at the Faculty agreed that she would be well suited to join a practice where she can be a sheep and goat veterinarian. Her passion for small stock was noticeable throughout her studies.

The trophy was handed over by Prof. Gareth Bath during the oath-taking ceremony that was held at the Faculty

at the end of November. The NWGA is proud to be associated with such a remarkable young lady.
 
KLEINTJIES LEER VAN WOL

Die NWKV Wes-Kaap het onlangs by die Vyeboom Christelike skool naby Villiersdorp gaan kuier, waar hulle grondslagfase-leerders (graad R tot graad 3) met wol help kennis maak het.

NWKV produksie-adviseur Jannie Fourie en sekretaresse Tania Lusse se spanpoging om die 27 leerders te vertel van die eienskappe, geleenthede, klassering en verwerking van wol het vrugte afgewerp en die dag is afgesluit met die maak van wolmonster-seekatte.

Ons het nog altyd geweet: wol is vet pret!

 
NOORD-KAAP “KON NIE SONDER GAWIE” NIE
 
Sonder Gawie van Wyk sou die Noord-Kaapse wolbedryf nie gewees het waar dit vandag is nie. Dit is hoe die Grootfontein Oudstudente-unie (GOU) geredeneer het toe hulle hoor dat Van Wyk genomineer is vir die Grootfontein-merietetoekenning wat hy verlede week verwerf het.

Volgens Abrie Aucamp, president van die unie, sou daar vandag net Dorperskape in die Noord-Kaap gewees het as Gawie van Wyk nie in die tuig was nie.
Van Wyk het die toekenning ontvang uit erkenning vir sy rol as ’n oudstudent wat uitsonderlike dienste gelewer het.

Groot gelukwense aan Van Wyk vanaf die NWKV-bestuur en -personeel. Ons is bevoorreg om iemand van sy kaliber as deel van die NWKV-produsentedienstespan te hê. Gawie se kundigheid en kennis oor die Merinobedryf en die wolskaap is onmeetbaar. Weer eens baie geluk!
Op die foto van links na regs: Kenny Crampton (Voermol), Leon de Beer, Guillau du Toit en Leon de Klerk (Voermol).

JARELANGE VENNOOTSKAP DRA VRUGTE
 
Voermol het verlede week ’n welkome tjek aan die NWKV oorhandig tydens hul nasionale bestuursvergadering in Port Elizabeth.

Die NWKV en Voermol het ’n jarelange vennootskap waar ’n insentief jaarliks aan die NWKV  op verkope van Maxiblok oorbetaal word. Die Voermolinsentief word deur die NWKV aangewend om die koste te help dek van produsente wat die IWTO-kongres bywoon.

Die volgende IWTO-kongres vind van 15 tot 18 Mei 2018 in Hong Kong plaas.

Hartlike dank aan Voermol!
 

INTERNASIONALE WOLVERGADERING IN PORT ELIZABETH

Plaaslike produsente het die geleentheid aangegryp om die International Wool Textile Organisation (IWTO) se Round Table-byeenkoms, wat verlede week in Port Elizabeth plaasgevind het, by te woon.

Dié jaarlikse geleentheid, onder voorsitterskap van Peter Ackroyd, IWTO-voorsitter, het interessante onderwerpe opgelewer en goeie netwerkgeleenthede geskep.

Voorleggings met betrekking tot die volhoubaarheid van wol, oplossings vanaf kleinhandelvlak, die welstand van skape en wol-innovering is met groot belangstelling aangehoor.

Die NWKV was ook daar om al die interessanthede in te drink.

Copyright © 2017 Agri Connect, All rights reserved.


Want to change how you receive these emails?
You can update your preferences or unsubscribe from this list