Deel

50 Jaar gelede in Die Burger | 11 Junie 1969

Deel jou intekenaarartikels.
Jy het 0 artikels om hierdie maand te deel. Stuur hierdie storie aan 'n vriend!
Hierdie webtuiste word beskerm deur reCAPTCHA en Google se Privaatheidsbeleid en Gebruikersvoorwaardes geld.
Laai tans...
Besig om te laai. Wag asseblief...

Vierde hartpasiënt sterf: Mnr. William (Bill) Killops, Suid-Afrika se vierde hartoorplantings­pasiënt, het gisteraand om 8.50 in die Groote Schuur-hospitaal in Kaapstad gesterf. Long­ontsteking het ook sy lewe geëis, soos dié van mnr. Louis Washkansky, die wêreld se eerste hartoorplantingspasiënt in dieselfde hospitaal sewentien maande gelede. Mnr. Killops het die longontsteking opgedoen ondanks alle pogings om hom in ’n kiemvrye omgewing te hou. Reg in die begin van die siekte was sy toestand baie ernstig, maar ná ’n behandeling het dit verbeter. Die verbetering het egter net ’n kort rukkie geduur. Mnr. Killops – ’n wewenaarvader van drie seuns – het 71 dae lank met sy oorgeplante hart geleef. Intussen het mev. Dorothy Fisher, die vyfde hartoorplantingspasiënt, ook ’n terugslag ondervind. Sy het gewrigsontsteking opgedoen en verduur baie pyn. Dit tas egter nie haar hart aan nie, maar haar vordering is tog effens stadiger as wat dit voorheen was.

Ontug: In ’n veldtog teen ontug het die polisie in die Paarl die laaste paar dae elf mense aan­gekeer op dié Bolandse dorp. Drie van die aangekeerdes was blanke mans en die ander Kleurlingvroue. Uit die klagtes van die polisie teen die vroue blyk dat hulle op straat gedrentel het met die doel om mans uit te lok en prostitusie te pleeg.

Vlieënier sterf: ’n Vlieënier wat nooit met ’n eenmotorige vliegtuig wou vlieg nie, het gister met ’n eenmotorige vliegtuig oor Kaap Colum­bine in die see gestort en gesterf. Hy was mnr. Aubrey Clews (43) van Noordhoek, Kaapstad. ’n Straalvliegtuig-instrukteur van die lugmag, maj. Willem Prinsloo, wat saam met hom in die vliegtuig was, het twee uur lank op sy reddingsgordel in die yskoue see rond­gespartel voordat sy hulpgeroep toevallig deur die kaptein van ’n vistreiler gehoor is en hy opgepik is. Terwyl hy in die water was en die golwe oor sy kop geslaan het, het ’n dolfyn al om hom gedraai. Hy het vergeefs na die dier probeer gryp in die hoop dat dit hom land toe sou sleep.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Rand - Dollar
19.21
+0.0%
Rand - Pond
23.95
+0.0%
Rand - Euro
20.57
-0.1%
Rand - Aus dollar
12.50
-0.1%
Rand - Jen
0.12
+0.1%
Platinum
910.10
-0.2%
Palladium
996.50
-0.9%
Goud
2,313.22
-0.1%
Silwer
27.07
-0.3%
Brent-ruolie
88.02
-0.5%
Top-40
68,574
0.0%
Alle aandele
74,514
0.0%
Hulpbronne 10
60,444
0.0%
Industriële 25
104,013
0.0%
Finansiële 15
15,837
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos